Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoor jy die harseerstem van n land
Opgebou in nasietrots deur bloed en sweet
Hoor jy die stem roep na vryheid
Aansporend agter die sweepklap op die ossewa
Hoor jy die stem van gelofte
Gelofte aan n Almagtige God by Bloedrivier
Hoor jy die rouklag in die stem
Na n oorlog wat n verbrande land in sak en as laat
Hoor jy die stem van n volk wat opstaan
Tot n trotse volk onafhanklik op eie bodem
Hoor jy die weeklaag in moederstemme
Oor seuns verloor in n bos oorlog
Hoor jy die stem van verraad
Wat n volk sy vryheid ontneem
Hoor jy n stem in pyn
Oor die heidense hand wat regeer
Hoor jy n stem wat uitroep my God hoe lank nog
Hoe lank nog gaan ons neerdaal in as
Hoor jy n stem wat roep om verlossing
Van hierdie heidense hand swaar op ons
Hoor jy die stem van my land Suid-Afrika



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
Netjies gedoen.
2 jaar 4 maande 1 week 3 dae 9 ure oud


stem
Prag gedig waar jy ons land se geskiedenis in 'n paar raakse woorde saamvat. Dit laat by my die vrae ontstaan: Hoor God ons land se stem? As ons kerke leegloop en bestaan uit oumense, hoor God dan nog ons stem? Versuim ons nie iewers ons Godelike opdrag en ons plig?
3 jaar 4 maande 2 dae 8 ure oud


Stem
sjoe Neels hierdie is hoendervleis mooi gepen!!!
3 jaar 4 maande 3 dae 2 ure oud


Die stem
Dis baie goed! sterk gedig die.
3 jaar 4 maande 3 dae 9 ure oud


Hoor
Een van jou bestes en nee die volk is horende doof en siende blind. Dankie vir 'n wakker-word bydrae.
3 jaar 4 maande 3 dae 13 ure oud


Hoor jy die stem
Neels jy kan maar dig,hoor? Die enigste antwoord op hierdie is in Kronieke 2 vers 14 : Wanneer die volk wat My naam dra hulle verootmoedig en bid en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle vergewe en hulle land gesond maak. ( Nuwe vertaling)
Is dit nie wat S A nodig het om te doen nie ?
3 jaar 4 maande 4 dae oud


HOOR JY DIE STEM

Al Stem wat ek nog wil hoor, is my Vader sin.
3 jaar 4 maande 4 dae 23 ure oud


HOOR
Neels , puik gedoen! As daar meer wedersydse begrip was en mense nou werklik ook nie altyd ons kultuur en nasietrots wil sien as rassisme of die herdenking van apartheid of onderdrukking van die "ander" nie... Mense het grootgeword hiermee en daar was meer wet en orde en min korrupsie toe mens nog beheer oor die massas gehad het. 0ns het nog nooit bloeddorstige slagspreuke en liedjies gesing of wou ander mebse uitwis nie.....m
3 jaar 4 maande 5 dae 5 ure oud


Hoor
Ek hoor jou hart in hierdie gedig! Die saai en maai prinsiep geld nog altoos en God laat nie met hom mors nie.
3 jaar 4 maande 5 dae 6 ure oud


Stem.
Jy het hier ons land se hele geskiedenis tot op datum in een baiie treffende gedig saamgevat Neels. Tragies dat ons is waar ons vandag is. Dalk ons eie skuld? Waar is God, vra baie. Maar as ons Hom ver meer dien nie, sal Hy ons nie help nie.
3 jaar 4 maande 5 dae 10 ure oud


Hmmmmmmm
Ja.
Ons land roep na uitkoms onder hierdie liberale mengelmoes waar die skuim na bo styg en die ware waardevolles onderdruk word.
"Vryheid" is net vryheid as die wat die besluite neem jou eie mense is en jy wel inspraak het in die besluite. As 20 grondboontjies en een lemoen se stemme numeries getel word, wen die grondboontjies, maar as jy dit op 'n skaal meet is die lemoen loshande die wenner!
Mens kan nie van "demokrasie" oftewel regerimg deur die mense/volk praat as daar nie 'n homogene samestelling in die stemvolk is nie.
Hierdie is mamparrakrasie. Die mamparras dtem ander mamparras in die parlement in en dan glo die klomp nog later hul eie propaganda dat hulle dit verdien en almal gelyk is...

Goed geskryf!
3 jaar 4 maande 5 dae 12 ure oud


Stem
Sjoe Neels dis ongelooflik mooi my maat. en tog so hartseer dat ons land soveel lelik besit en ons mense lei daar onder, reeds jare gelede al. Dankie Vader ons het ons godsdiens om ons staande te hou in n land waar soveel dinge verkeerd loop.

Jy het voorwaar baie mooi geskryf.

God se stem praat elke dag sag in ons harte.
3 jaar 4 maande 5 dae 13 ure oud


Stem
Ek stem saam met Carma . . . jy het goed gedoen, want jy het uit jou hart uit geskryf. En dis ook waar wat sy verder sê. Ek dink ons moet dit dalk omkeer: hoor my land (die wêreld) God se stem?

3 jaar 4 maande 5 dae 14 ure oud


***
Jy het baie goed geskryf hier, Neels...dis oor dit uit jou hart kom.

Ek dink egter dat hierdie 'n wêreldwye tendens is, waar in die wêreld kry mens vandag 'n Godvresende regering? Eintlik wonder ek of dit ooit bestaan het. Ten spyte van al die dinge in ons land wat pla, is ons totaal en al vry om ons Godsdiens te be-oefen en ons is vry om goed te te doen aan ander...en ons kan kies hoe en waar ons wil goed doen :-)
3 jaar 4 maande 5 dae 16 ure oud


STEM
ek weet ek is nie n digter nie maar hierdie is uit my hart uit in antwoord op Mandela dag
3 jaar 4 maande 5 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar