Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


hunker te hoor
see se geruis gebruis gedruis in ore
hunker te voel
sagte kalm klewend seesand onder voete
hunker te sien
ligte seebries roerend in jou hare
hunker te proe
soutsee sproei op jou seesag lippe


begeer te hoor
jou see stem in my ore bruis
begeer te voel
sagte aanraking van hande op my kaal seesproei vel
begeer te sien
branders weerkaats in jou laggende oe
begeer te proe
warmte van jou siel se liefde
op jou soutsee mond

see se roepstem is oorverdowend
In die stilte van my siel


# Dit is vandag 42 grade binne die fabriek waar ek en my Schatsie werk en ek het dit spesiaal vir haar geskryf



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
hoor
Oe! Die gedig is pragtig, maar die temperatuur nie...
5 jaar 10 maande 1 dag 14 ure oud


see
Wil jou glad nie jaliers maak nie maar het 3 weke heerlik by die see gekuier.

Jou gedig is pragtig, lieflike woorde.
5 jaar 10 maande 2 dae oud


SEE
O hel, 42 grade is te warm om te bestaan! Ek sit ook hier in die warmte en sweet, maar... O hoe mooi het jy die see beskryf en die liefde daarby. Dis pragtig. Hoop jou Schatsie waardeer dit ook.
5 jaar 10 maande 2 dae 17 ure oud


hoor en voel
wat n pragtige liefdes verklaring!!!! puik verwoord my vriend
5 jaar 10 maande 2 dae 20 ure oud


See
Pragtige beskrywing, ek voel ook nou sommer die hunkering na die see. Hierdie versengende hitte het ons in sy greep en dis nie nice nie.
Goed geskryf hoor.
5 jaar 10 maande 3 dae 1 uur oud



Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar