Projek: PROJEK – DEURE (2015-03-18 tot 2015-04-01)
Weergawe: 2
Aantal woorde: 47
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Mar 2015
In die hout-oë van ou
gestoorde meubels
patos
toe deure, gister se deure
herinneringe
vasgevang in ‘n skeepskis
van gister se lag,
stofdeurdrenk in
oumodiese klere
bars die wolkdeur oop
dodedans van ‘n donderstom
op ‘n sinkdak
word gister,
vandag
verblindende lighuiskleure
met deurgangsreg
na oop deure
©21.3.2015
Lees ander gedigte deur Ffeerg xuoreL
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae