Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

HUIS IS WAAR DIE HART GEDIEF IS

Huis is waar jou hart is
ook daar waar jou siel is
siel is gedief in ‘n tronksel toegesluit
hart is gedief uitgeruk verbrysel as buit
hart se sleutel vir ewig weggegooi
die hart en siel word nou gesteel gedief gelooi

Donkerhoek o pragplaas jy word vermis
oorgeneem deur Helderstroom gevangenis
familieplaas vir nageslagte vervreem
die regter het gese as staat neem
sonder genoegsaam te vergoed
want so het regter vermoed

Die staat dan ‘n rower en ‘n dief
maar o pragplaas in nagedagte bly ek lief
jou akkerbome verdroog le dood en om
dit maak my hart bloei skoon stom
jou statige opstal staan verwaarloos
soos ‘n kaalnek hoender stertveerloos

Voorheen slaapkamers vir familie kroos
nou plek bewaarders soek in drank hul troos
jou tuine verlate verwoes verrinneweer
aan agteruitgang geen keer meer
jou wit ringmuur verwoes gesloop
jou eerste opstal verkrag verwoes gesloop

Jou smitswinkel verwoes gesloop
jou buitekombuis verwoes gesloop
jou groot stoor geval verwoes gesloop
jou pluimvee hokke leeg verwoes gesloop
jy is as plaas verwoes sonder hoop
selfs jou naam is verwoes herdoop

Jou akkerbome verdroog nie meer heel
soos regter se jy is gedief gesteel
jou pragtige siel het hulle ook gesteel
familie se harte ook verbrysel nie heel
hul nageslagte is ook gedief besteel
alles net om misdadigers en diewe te heel

Donkerhoek o donkerhoek jou opstal is vebreek
jou opstal vensters staan stukkend gebreek
familie akkerboom by die trap
oor familie dood om gehuil getreur vertrap
geen tuine se groen grasperke meer
ou opstal hoe lank nog trotseer jy die weer

Dan is jy soos die res gedief verkrag verniel vertrap
Donkerhoek ek verlang vir oulaas
te sit op jou ou soldertrap
ag so jammer ou familie plaas
jy so kan treur oor ons familie stemme
jou hart ook stukkend gesny met lemme

Ou opstal jou 16 vertrekke roep na familie lewe
maar jou familie is ver en wyd aan swewe
staat het gekom soos dief in die nag
en besteel soos dief oor 28 Februarie 1972 dag



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dief
Dit is net so verskriklik hartseer, ek wil sommer namens jou in trane verval. Dit is net so onregverdig om iemand se plaas so weg te neem, veral aangesien dit so 'n florerende plaas was waar julle hart en sien ingesit het. Ek wil my dit nie eens indink nie. Hartroerend geskryf, schatz.
4 jaar 5 maande 1 week 3 dae 20 ure oud


Hart gedief
Francois jou gedig vol nolstagie oor dit wat eens so anders was. Pragtig!
4 jaar 5 maande 1 week 3 dae 22 ure oud


Dief
Ek wil sommer ween! Die herinneringe aan al die mooi wat was, kan geen dief ooit steel nie. Baie dankie vir hierdie hartroerende bydrae!
4 jaar 5 maande 1 week 4 dae 3 ure oud


Huis is
Ai dit is hartseer!!! jy het n groot verlange na ons familieplaas hier los geskryf... ook in 1978 deur die regering oorgeneem....
4 jaar 5 maande 1 week 4 dae 20 ure oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar