Gedigte

Titel: Huis toe
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek wil huis toe
daar waar die winde
deur die bloekombome fluit
en die Marico Rivier vloei

ek wil weer saam die blouapies
op die rivieroewer bollemakiesie slaan
die hasies probeer vang
wegkruipertjie speel met die eekhorinkies

ek wil as ek moeg is
weer op ‘n boomstomp sit
met my voete in die stroompie water
van die Groot Marico Rivier

ek wil luister hoe die wind
sy liedjie speel deur die bloekom blare
die gemurmel van die water hoor
na die stilte luister

ek wil huis toe gaan
daar waar vrede in die aarde lê
saam met die waters vloei
waar jy nog die stilte kan hoor

© ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

huis toe
Hoe skets jy hierdie rustige, magiese atmosfeer. Pragtig en ek gaan saam.
4 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud


Huis toe
Muggie, wat soek jy in my oog! Ek wil ook huistoe. By my pondok in Gauteng is nie 'n rivier of iets nie, maar jou gedig laat my nou rerig huistoe verlang.
4 jaar 7 maande 1 dag 16 ure oud


huis toe
ans jy laat my sommer nou verlang na my kinderdae op die walle van die Valsrivier, daar op Valsrivier stasie waar ons kaalvoet oor die spoor plaasskool toe gehardloop het.
4 jaar 7 maande 1 dag 17 ure oud


huis toe
Dit klink na 'n salige plek.
4 jaar 7 maande 1 dag 22 ure oud


Huis toe
Nou verlang ek ook sommer saam. Dis 'n mooi verlang hierdie :-)
4 jaar 7 maande 2 dae oud


huis toe
wow dis soos n woordskiledry.. pragtig gepen!!
4 jaar 7 maande 2 dae 4 ure oud


Marico . . .
nou laat jy my weer na my pa ook verlang.

Pragtige gedig!
4 jaar 7 maande 2 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar