Ek kyk deur die glas
van ñ teleskoop
na jou wat daar vêr is
– jy is nou sò naby
ek kan aan jou vat .
Ek kyk deur die glas
van ñ mikroskoop
na jou wat nou sò naby is
dat jy skoon blur
– dat jy skoon uit fokus is .
Ek kyk deur die glas
van ñ periskoop
na jou wat doer
op die land is
– terwyl ek hier is
hier op die stormsee .
Hel , hoe wens ek nou
ñ stetoskoop
het glas gehad
en dat my ore oë was .
( 01/01/2016 00h07 )
so naby en tog sover...
in die angs van stormwind en die veiligheid op land..
kyk mense na mekaar, maar bly tog so onbereikbaar ver
Pragtig en diep uit die hart
*******