Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jare se hartseer, verlange opgesluit in hul oë:
Hierdie kinders wat nie meer in onskuld kan glo
Almal vermy hul vraende blik...
Want dis makliker as om in skuldgevoelens te verstik!

'n Vals, "ag shame" en 'n blik wat verag
Geen vriendelike woord of sweem van 'n glimlag
Vuil, verniel en uitgeteer
Hoe het dit dan nou eintlik gebeur?

Dobbestene het verkeerd vir hul geval...
Vir party mense lyk hul bloot net mal
Geen heenkome, behoort of huis
Bloot deur die omstandighede van die lewe vergruis!

Letsels op hul brose gemoed gelaat:
Hartseer, teleurgesteld en kwaad
Dwelms hou die koue, die waarheid weggesteek,
en dit keer dat hul harte telkens breek

Geen hoop of so wil dit lyk,
Maar selfs 'n straatkind word gebruik
Om God se plan uit te leef,
en net miskien is al hierdie hartseer nie tevergeef...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hulle (Straatkinders)
Die gedig: "Hulle" (straatkinders) is gekeur vir plasing in die STRAATKINDBUNDEL wat vrygestel word op Internationale straatkinddag – 12 April 2016.

Geluk Marthie-Lize, wat jy geskryf het is so belangrik om in te glo, juis daarom is jou gedig gekeur:

"Maar selfs 'n straatkind word gebruik
Om God se plan uit te leef,
en net miskien is al hierdie hartseer nie tevergeef..."

www.woes.co.za, as kreatiewe platform kry volle erkenning as die oorspronklike bron van publisering.
Daar is 60 gedigte wat ‘n straatkind se lewe getrou weergee, 60 skrywers wat die projek ondersteun. Baie dankie aan elkeen wat bydrae gemaak het. Die projek is ‘n inisiatief van die nie-winsgewende organisasie YOUNG WORLD EDUCARE wat die afgelope 15jaar betrokke is by straatkinders.
100 Digbundels word geborg deur VISIONART PUBLICATIONS, hulle is ook verantwoordelik vir die uitgee en verspreiding van die Straatkindbundel. Epos zuanne.marie@gmail.com vir meer inligting of whats app: 0745117942
4 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


Hulle
op so mooi en deernisvolle manier het jy die harde werklikheid hier so mooi vasgepen
5 jaar 3 weke 2 dae oud


straatkind
Hartseer waar woorde hier gepen.
5 jaar 3 weke 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    BLIKeMMER

    deur natasha dutton

    "...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar