Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

soos reëndruppels wat val
haelkorrels wat verpletter
damwalle wat breek
velde wat uitbrand

het jare vir ons verloop
soos ‘n doolhof
met kronkelpaaie
deur bebosde woude

het ons skuiling gesoek
teen aanslae van lewenswoede
saam gekoes, gekeer
vir verpletterende einde

het ons mekaar opgehelp
wanneer ons gegly
in ‘n modderpoel beland
of in dryfsand weggesink het

het ons saam op ons knieë gesak
wanneer ons nie meer kon
as lewensuur
elke asemteug uit ons druk

maar jare het ons soos klei
gerol, gedruk, gekneus, gevorm
tot waar ons is vandag
saam een en dertig jaar
in mekaar se arms vou.

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

huwelik
Pragtige beskrywing. Baie geluk en nog baie mooi jare vir julle.
My 40e is volgende maand.
4 jaar 9 maande 2 weke 7 ure oud


huwelik
Baie geluk Ans mag daar nog baie wees
4 jaar 9 maande 2 weke 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar