Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sybrandt, Lourens Jansen van Vuuren
was my Pa
as wewenaar van ses kinders
(sy vrou sterf by geboorte van haar laaste)
vry hy, (sewentien jaar ouer),
na my Ma
op sy skoot onder towerspel
luister sy na al die mooi stories
wat hy so dramaties-rieël
kon vertel
en vergeefs, (so sê sy)
het haar siel haar hart bewaak
want toe hy haar soen
voel dit of sy mond haar hart
uit haar borskas uithaak

Pa se hande staan vir alles reg
sy motto was: waar 'n wil is
daar is 'n weg
maak hy, op die ou Singermasjien
vir Ma 'n rok
en vir elke dogter 'n lappop
met 'n goue lok
ook maak hy meubels
erfstukke, waaroor my hand nou gly
bou hy 'n dorsmasjien
en maak hy 'n tent
as hy in die veld oorbly

Sy naam was nie verniet Sybrandt
want befoeterd-oorstuur
brand die seuns se sitvlakke
dikwels soos vuur
en toe eenmaal die ouderling
met vrome gesig
besoek bring,
Pa te betig
gooi hy hom met klippe -
  (die arme ding)
en sonder 'n leraar
in die hele kontrei
moes Pa dikwels
al die begrafnisdienste lei

Ek kyk na die foto
'n lang man met 'n groot-voorkop-bles
had hy ook by Ma 'n halfdosyn kinders
met my die jonste van die laaste ses
dus, nes die uitverkore Israel,
loop sy nageslag
en al was ek maar twee toe hy sterf
(so vertel Ma, met 'n blye lag)
het ek al my avontuur-nukke
van hom geërf

Sybrandt, Lourens, Jansen van Vuuren
was my Pa
as hy een na die ander
al twaalf ons kinders
sorgsaam die hemelpoort
indra

©Elizabeth Greef - 05/06/2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
n Lieflike grafskrif.
Jou vers.

(check net jou datum....)
4 jaar 1 maand 1 week 4 dae 15 ure oud


pa
Dit was nou lekker om van jou pa te lees, Karmenaadjie :-)
4 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 6 ure oud


Hy, was my Pa.........


Heerlik saamgeneem in jou herinnering, al is dit hoorsê deur jou ma. En ja, natuurlik maak die uitborrelende erkenning van liefde en bewondering en haar oordra van sy beeld na jou minder objektief!
Baie geniet!
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 10 ure oud


hy was
Pragtig, 'n hemelse Pa
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 14 ure oud


Pa
Hy was defnitief 'n pa en 'n man om op trots te wees. Pragtige skrywe
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 17 ure oud


pa
voorwaar n merkwaardige man, die sout van die aarde
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 1 uur oud


Ouderling . . .
vir wat bodder hy ook met só 'n man! :D

(Waar is die foto?)

Dis 'n heerlike gedig!
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar