Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

God, wees my genadig. Delg my oortredinge uit na die grootheid van U barmhartigheid.                  (uit Gregorio Allegri se “Miserere mei, Deus”.)



Ek verdwaal oppad na ’n
troue buite Bloemfontein;
in die veld, in jou kop.
Een enkele toneel
is in my gedagtes vasgeprent:
jy wat deur die deur
strompel, jou trane
wat die vloer bevlek;

jy val
in my arms en vertel
my van jou pa se wreedheid
saam huil ons: jy oor jou pa,
ek oor die vals beskuldigings
van ’n dronkaard.

(Ek dink dit was iewers in Oktober.)

Tussen al die verwyte
aande van nagskof werk
braaie saam met Blitspatrollie by
Bayswater Polisiestasie
en ons dae van bordspeletjies
het daar ’n fout ingeglip.

In my goedheid het ek jou
gebreek.

Ek luister na Allegri en huil
vir ’n dag lank my oë uit.
Ek skeur my siel uit, hou dit
soos ’n vodde lap omhoog
en skree: Here, wees my sondaar
genadig.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oktober
hierdie is by verre jou mees uitstaande gedig wat ek nog raak gelees het! diepseer maar so mooi gepen!
5 jaar 1 week 6 dae 1 uur oud


Misere mei, Deus
Ek het jou nou danksy Rudi raakgelees. Ek lief die gedig. En nou dat ek Rudi se kommentaar gelees het, stem ek nogal saam met hom.In elk geval 'n briljante gedig met 'n baie treffende einde. Nog 'n Bloemfonteiner, wonder ek?
5 jaar 1 week 6 dae 1 uur oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan.
EK dink jy moet '(Ek dink dit was iewers in Oktober.)'herhaal..dlak heel aan die einde.
veral die staan uit;
In my goedheid het ek jou
gebreek.
5 jaar 1 maand 4 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar