Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jou skoene staan leeg vanoggend
uitgetrap, voos gedra
net soos my vodde hart
Hoe kan ek aanvaar
dat ons nou apart
deur hierdie eindelose tydelikheid
moet stap
jy uitbundig sonder mate
en ek -
ék mensalleen en gans verlate.

© C. Potgieter 2013-04-04



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Weet nie of hierdie 'n bug is nie?
Is dit net my browser wat hierdie blad titel as "In Absentia deur Sterstof"?
6 jaar 1 maand 2 weke 5 dae 19 ure oud


In Absentia
Treffend!
6 jaar 10 maande 1 week 1 dag 17 ure oud


Absentia
Baie treffend geskryf....dit maak beslis indruk.....goeie indruk
6 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 23 ure oud


Z
Ek dink nie daar is 'n meer eensame prentjie as 'n verlate paar skoene nie.
Jy gee lewe aan 'n paar vodde om jou lesers diep te bereik.

Welgedaan!
6 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud


In Absentia
Baie lekker skree hierdie.
Ek stel voor; smyt hom met daai voos skoene
Of iets in dier voege
6 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud


Absentia
Uitstekende vergelyking met skoene gebruik hou hiervan.
6 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


*
Dit vat aan my hart!
6 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar