Gedigte

Titel: In Beheer

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dinge het so vinnig gebeur,
Toe word ek uit jou lewe geskeur,
Hoekom het ons laat dit gebeur?
Hoekom was ons nie in beheer?

Ek dink steeds aan jou,
En hoe jy jou arms om my vou,
Die huisie wat ons saam sou bou,
Hoe ons eendag sou trou.

Drome so onwaar,
Ons nogsteeds uitmekaar,
Hemeure het bedaar,
En ons soek weer na mekaar.

Omstandighede wil dit nie toelaat,
Dat jy my weer in jou hart sal laat,
Ek wens dit kan weer gebeur,
Dat ek en jy mekaar weer kan begeer.

Ander se gevoelens in beheer,
Ons sin tel nie meer,
Vir hulle maak dit nie saak,
Hoe dit ons gevoelens sou raak.

Hoe kan ons dit laat gebeur,
Ons uit mekaar se lewens geskeur,
Dinge het so vinnig gebeur
Hoekom was ons nie in beheer?




Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar