Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Najade,
in jou kringloop van see toe wals
glim die son maan en sterre
vlekloos
om jou akwamarynhals

Weerkaats vérswangerwolke
skommelend in jou kabbellied
as lente haar silwerkruik oorvloedig
oor jou dalingsdepressie
uitgiet

En in somer se dooierusblou
bak jou paddavissloepe
uitbroei-lou
as die Langtoon deur waterlelie
en vleibosriet
sy hoogtraptree paraatritmies afmeet
om jou waterhondjies
gulsig op te vreet

Dan,
as herfs se beuelblaasamok
jou branders se broekieskant
(as jy jou Can-Can-bene te hoog opskop)
spierwitvertoon
hou skole vetkrytvissies
  vinflappend-asem-op

En as sneeukristalle, Najade*
jou vloei onder vriespunt toelaag
sterf jou hart se uitbundige klop
in winter's donker sarkofaag
maar dan, in jou ys-stroompie-smelt
nokturne-aai* weer jou ontwakingslied
van bergontspring se see-uitmond
as hoogste doel
wat jou God jou bied


Nokturne: musiekstuk van 'n dromerige, romantiese aard
Najade:    waternimf

Hierdie is 'n herplasing van 'n gedig wat ek verwerk en verander het as inskrywing vir die seisoene-projek.

©Elizabeth Greef - 11/03/2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Lees ek dit ook nou eers raak, dankie Rudi.

Pragtig Karmenaadjie! Hoe kon ek dit gemis het...
5 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


die weervoorsdpelling
Waterlelie en vleibosriet
!!!!!!!!!!
dit mOET eenvoudig die titel van jou bundel wees.
met hierdie vers 1ste!!!!

WOw!!!!!!!!!!!!!!
Digkuns op sy allerbeste!!!!!!!!
Beslis n vers om op jaloers te wees.
**************
5 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


see
WOW !!! xxx.
5 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud


see
Elizabeth op haar beste in hierdie prag gedig
5 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 3 ure oud


Ja . . .
ek het dit gesnap, dat dit die rivier se monding in die see is, maar steeds is die branders se breek (en seker stoei met die rivier se inloop?) pragtig vasgevat in daardie beeld.
5 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 10 ure oud


see
Dis sommer 'n pragtige gedig met die mooiste beelde geskep. Baie goeie werk :-)
5 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


Bergontspring
Pragtige gedig. Baie mooi geskrywe
5 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud


See
Sjoe . . . dis een van die mooiste en mees oorspronklike beelde van die see wat ek nóg gelees het.

"Dan,
as herfs se beuelblaasamok
jou branders se broekieskant
(as jy jou Can-Can-bene te hoog opskop)
spierwitvertoon
hou skole vetkrytvissies
vinflappend-asem-op "

WAAUW!
5 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud


Berge
nokturne-aai* weer jou ontwakingslied
van bergontspring se see-uitmond
as hoogste doel
wat jou God jou bied -

Hierdie het 'n soet plek in my hart kom oopkrap. Bitter mooi
5 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


bergontspring
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Seisoene projek
5 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar