Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

vlammende flikker kers
met stollende afloopwas
vou my, roep my en trek my
nader altyd nader aan jou

jy is die lig van my lewe
die rede van my sielsbestaan
die vlam waarom my lewe draai

in die sagtheid van jou
saggesmelte afloopwas
beitel jy die aller mooiste
liefdesbeelde van ons twee saam

dis jou lig wat my donker verteer
my oplig na die helder hitte
van die warmte van jou hart
wat my van binne warm maak

in die blouhart van jou kersvlam
dis waar jy my diepste emosies
vrywilliglik gevange kom hou
dis daar waar jou hitte my toevou

ja, jy is die lig van my lewe
die rede van my sielsbestaan
die vlam waarom my lewe draai

© Anzè Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Blouhart
Lief dit!
4 jaar 10 maande 6 dae 8 ure oud


In die blouhart van jou kersvlam
'in die sagtheid van jou 'saggesmelte afloopwas' beitel jy die aller mooiste liefdesbeelde van ons twee saam' .. absoluut siels betowerend (:
4 jaar 10 maande 6 dae 9 ure oud


Vlam
Ek is so mal oor die beelde wat jy gebruik om die liefde mee te beskryf.
4 jaar 10 maande 1 week 2 dae 13 ure oud


.
Pragtig
4 jaar 10 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Die Vlam
Baie Mooi, Dis ongelooflik hoe mens die Liefde kan beskryf
4 jaar 10 maande 1 week 3 dae 18 ure oud


Blou kersvlam
'n Mooi liefdes gedig, die beeld van die kersvlam is treffend. Ek assosieer 'n kersvlam met romanse.
4 jaar 10 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


vlam
Weereens, net jy kan die liefde so raak beskryf.
4 jaar 10 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


Vlam
. . . is die blou vlam dan nie die warmste nie? Pragtig!
4 jaar 10 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


lig
die liefdesgedig koningin aan die werk. hemels mooi Anze
4 jaar 10 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


In die blouhart van jou kersvlam

Goeie beskrywing van die kers.
4 jaar 10 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


lig
Die warmte van jou hart, wat my van binne warm maak ...

Pragtige beelde geskep A,

'n liefdesgedig wat jou warm om die hart laat voel
4 jaar 10 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


kers
"dis jou lig wat my donker verteer" dis baie goed gestel, Anze. Mooi geskryf oor die liefde hier :-)
4 jaar 10 maande 1 week 5 dae 8 ure oud


Blouhart
Puik, soos altyd. Hou daarvan
4 jaar 10 maande 1 week 5 dae 8 ure oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar