Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis in die donder
dis in die dreun
dis in die val
van die reën

– dis in die wonder
van die natuur .

Dis in die knal
van ñ 1000vt fakkel
dis in die klank van
die druppels op die skuur .

Dis in die go van die reën se din
dis in die jubel
hier diep binne-in .

Dis in die reuk
van grond wat nat is .

Dis in die modder
tussen jou tone
dis in die voel
van die reën op jou vel .

Dis in die donder
dis in die dreun
dis in die val
van die reën .

Dis in die mielies
wat kop optel .

Dis al .


( 07/01/2016 21h01 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Reën
A la Jan F. E. Cilliers – maar dis móói!
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 5 ure oud


Dis
Dis fokken mooi.
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 8 ure oud


***
Sê jy dit nou baie mooi -- verfrissende gedig ook...
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 15 ure oud


reen
Dis baie mooi
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 18 ure oud


Go
'N gedig so na my hart. Net so verfrissend soos reen na die droogte :-)
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 19 ure oud


In die go . . .
Dis in die mielies
wat kop optel . . .

Dis net Rudi
Dis al.
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 21 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar