Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Langs die pad sien ek hom
haelkorrels
tref sy liggaam soos sweepslag houe
reen en koue
trek sy lyf krom.
Daar in die veld...
daar waar hy plak
met slegs die hemel as sy dak
hang sy sopnat beddegoed
aan die boom se tak.
Vanaand geen kos te maak
hoe gaan sy vuurtjie
in hierdie nat
aan die brand raak.

Terwyl ek so maklik
oor alles kerm en kla
is dit net 'n stukkie kos
en warm plekkie
waarvoor hierdie man vra.

Asseblief hemelse Vader
trek hom nader
hou hom vas
verlig U sy las.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

reën
So besef ons nie aldag hoeveel ons nog werklik het om voor dankbaar te wees nie en wonderlik van jou om in jou besige program steeds plek te maak vir 'n gebed vir hom. Knap gedaan.
6 jaar 10 maande 4 weke 20 ure oud


--
Daar in die veld...
daar waar hy plak
met slegs die hemel as sy dak [Jy weet Jan, as meer mense maar net jou gesindheid teenoor "die mens" gehad het dan was ons land dalk nie vandag in hierdie gemors nie.]

* Jy't mooi geskryf!
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar