Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier waar die wind teen die
verweerde houtraamvensters
van die ou sinkdak ruk
word sy oorweldig deur
verlange wat sy kloue styf
om haar hart vasdruk!

Die stilte verbreek deur
die wind wat deur die nok
van die ou opstal loei
en brandende snikke
van n hart wat
nooit sal ophou bloei!

Snags rol sy rond
en probeer tevergeefs
die gedagtes uitdryf
wat haar van slaap ontneem…
gedagtes oor leuens wat haar
van lag en lewe vervreem.

Gedagtes van n meisie wat
tragies vir liefde geval
en gesterf het…
liefde wat suur deur verraad
en wantroue bederf het.

In die sug van die wind
hoor sy nog die hol stem
van haar beterwete
wat hard met haar praat…
en waarsku oor die liefde
van hare lewe wat haar gebroke
en bitter in die steek sou laat!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
die vers het potensiaal.
4 jaar 10 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


sug
Heimwee en hartseer goed vasgepen.
4 jaar 10 maande 1 week 3 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar