Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In my donker agter my ver aan ,
op die paaie van my bed ,
opgekrul in my fetus ,
spore vol eenrigting-liefde agter my ,
so desperaat om gebore te word
om te lewe dat ek glo
trane sal help om jou tot by my te huil .

In my donker agter my ver aan
kom ek by jou bordjies in die kamer-niks om my
wat sê dat jy omgee hoe ek voel is nog ver ,
en ons eerste ontmoetings tot jy my uitgevang het
dat ek net n mens is , en ons verdere sienings van mekaar
waarin ons nie regtig ontmoet het nie agter jou mure ,
die jou leer kenne , is nou vir n ander reisiger bedoel .

In my donker agter my ver aan
waar ek op die besef dat daar n jy is moet slaap
tot ek weer jou beelde kan sien , droom ek
wat ek wens , en ek weet dit nie ,
tot ek wakker word en besef ek is eintlik leeg ,
en ek wens ek kan vrek , maar dis verniet ,
want nie n dier treur hom so dood nie ,
nie eers sonder n siel is so hulpeloos nie .

In my donker agter my ver aan
bly ek nou verdwaald my eie leeg
in jou leë ruimtes bereik ,
maar ek wil my eenrigting-liefdes spore
nie by jou trap as jy dit nie wil voel nie ,
as jy dit nie wil volg nie .
Solank jy net n plek bly
wat gelukkig is , selfs sonder my ,
is ek dankbaar dat ek jou selfs net kon ken ,
al was dit net van ver ,
en dat ek jou lank terug kon sien
toe jy na my toe gekom het .
Dit is seer om te sê ,
maar net seer vir my ,
en jy lag , en dit is al wat saak maak .

In my donker agter my ver aan
aan die einde van my reis
op die paaie van my bed
uitverlang uit my liggaam uit
was ek regtig lief vir jou .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

In my donker
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die TRANE projek.
4 jaar 7 maande 2 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar