Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom maak jou tuis in die koepee van my hart
vlinder vleg jou liefde deur myne
dan bestel ek vir jou die maangodin se glunder
en dans ons op ritme van my hartklop

vlinder vleg jou liefde deur myne
in fyn brokaat borduur ek jou naam
en dans ons op ritme van my hartklop
ek wil die refrein van ons liefdeslied uitblaker

in fyn brokaat borduur ek jou naam
hartstogtelik wil ek in jou liefde verdwaal
ek wil die refrein van ons liefdeslied uitblaker
vanaand as die sterre in jou oë blink

hartstogtelik wil ek in jou liefde verdwaal
my warm bloed deur jou are baljaar
vanaand as die sterre in jou oë blink
gee ek vir jou ’n gloriekroon as teken van liefde

vanaand as die sterre in jou oë blink
dan bestel ek vir jou die maangodin se glunder
gee ek vir jou ’n gloriekroon as teken van liefde
kom maak jou tuis in die koepee van my hart.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

is daar plek vir jou hart

Wat ek wel kan sê, dit is baie goed verwoord.
5 jaar 11 maande 5 dae 6 ure oud


Liefde
. . . glunder is voorwaar 'n nuwe woord vir my ook ~ maar dis werklik 'n pragtige woord vir die gloed van die liefde!
5 jaar 11 maande 5 dae 6 ure oud


liefde
hierdie gedig het ek op die pantoem styl probeer skryf.

die woord glunder beteken: straal, stralend glimlag en by die maangodin se glunder beteken dit dan die maangodin se stralende glimlag.

en ja Rudi jy is die dr&7 in my drinkwater
5 jaar 11 maande 5 dae 6 ure oud


die weervoorspelling
..nou moet ek weer die dr&7 in die drinkwater wees.
ek's jammer.
Dis net nie op standaard nie...
dit het geen hart nie.EN geen siel nie.SOos lee woorde wat saamgeflans is....SOnder enige bedoeling....klink:kunsmatig en vals..
en die vele herhaling van dieselle sinne help nie juis nie.

al wat hier nice is,is die woord 'glunder' wat ek glad nie ken nie.(by the way: sow oord kort regtig n besonderse vers..n vers war gedig is asog jy die woorde bedoel!!!).

weird ding:
eerste waaraan ek gedink het na die eerste 'glunder' was:
sekerlik gaan sy dit rym met 'plunder'.

die vers laat my met n gevoel van:
'Okay,sekrlik moet ek iets skryf om op woes te plak'.

..dit terwyl jy en ek weet jy is tot soveel meer en beter in staat.

as die vers n boek was,dan was dit n Mills&Boon boek.

dIt terwyl jy in staat is tot n roman.
5 jaar 11 maande 5 dae 12 ure oud


in my hart
Baie daankie vir hierdie pragtige bydrae tot die Liefdes projek
5 jaar 11 maande 5 dae 18 ure oud


in my hart
Vlinder sag geskryf. Baie mooi!
5 jaar 11 maande 5 dae 19 ure oud


plek
Besonderse beskrywings gebruik. Hou van jou vryvers.
5 jaar 11 maande 5 dae 23 ure oud


liefde
Pragtige skrywe, Bets. BAIE goed gedoen met hierdie een :-)
5 jaar 11 maande 6 dae oud


.
vlinder vleg jou liefde deur myne - dis pragtig ! !

Goed gedoen!
5 jaar 11 maande 6 dae oud


In my hart
Dit is 'n baie mooi uitnoding vir 'n geliefde... Baie mooi geskryf
5 jaar 11 maande 6 dae 1 uur oud


*
Ek hou daarvan dat elke tweede reël in 'n strofe die begin van 'n nuwe een is. Maak dit vloeiend.
Ek sou net jou laaste stofe slegs; "wyl my warm bloed deur jou are baljaar" gemaak het. Een enkele reël. Ek dink dit sal dit meer treffend maak, maar dit is slegs my opinie.
5 jaar 11 maande 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar