Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In my land van melk en heuning,
dawer klank van Magtige dreuning,
stowe putupap en braai die wors,
vrek geen nasie van honger en dors.

In my land van snuifgom en tik,
heers dissipline – ouers is dik,
vloei daar sagte sprankel fonteine,
geen suurwater - afval deur myne.

In my land van osstert potjiekos,
word niemand honger op straat gelos,
kyk die mooie reënboogkleur,
weg met swartdood teen elke deur.

In my land van kultuur en taal,
vertel ons Afrikaans se eie verhaal,
mielies en koring, landerye groen-geil,
Boere sal nie by banke loop huil.

In my land van lowergroen plantasie,
staan ‘n trotse volk-‘n nasie,
met voldoende suurstofryke lug,
besoedelaars word streng getug.

In my land van kerslig, paraffien,
sal ons die kragstasies versien,
spekvet gevrete stuifmeel- bye,
lewe osoon- geen gifkan spreie.

In my land van woeker en swoeg,
word geen korrupsie toegespoeg,
want ons staan trots en kordaat,
hier regeer die regte mandaat.

In my land van speel op straat,
disintegreer lemmetjiesdraad,
ontvang ons oorvloed en seën,
want ons is op van al die ween.

In my land vol Christen geloof,
word God geprys met geboë hoof,
want aan Hom al die lof en eer,
sou ‘n nasie hom so kon bekeer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

MY LAND
Wat 'n versugting!! Baie mooi , beslis idillies!
3 jaar 11 maande 1 week 9 ure oud


president
Ai, ons smag almal na so 'n land. Jy het my stem vir President!
4 jaar 1 week 2 dae 19 ure oud


president
Wonderlike droom. as jy daardie land gevind het trek ek dadelik
4 jaar 1 week 3 dae 2 ure oud


Reisiger
Gelukkkig het ek nie 'n President nodig nie, ek is bywoner in hierdie wêreld en 'n reisiger wat se reis nog nie voltooi is nie.
4 jaar 1 week 3 dae 4 ure oud


In my land - as President

Jy kan maar solank jou gedagte laat gaan oor wie in watter kabinetspos moet dien want dit lyk my vir die eerste keer in Kamma-land is stemming gehou en is jy sonder 'n inkelte teenstem ons nuwe Staatspresident. En dit nogal Nkandla-vry!

Heerlik gelees en geniet!
4 jaar 1 week 3 dae 7 ure oud


land
Baie goed geskryf, Evelyn. Lekker ritmies en goeie rymwerk :-)
4 jaar 1 week 3 dae 11 ure oud


Land
Ek wil ook vir jou kom stem! Puik!
4 jaar 1 week 3 dae 13 ure oud


Land
Vir watter party staan jy, en wanneer is stemdag??
4 jaar 1 week 3 dae 13 ure oud


land
Dankie vir 'n pragtige gedig Evelyn. Ek onderskryf alles wat deur die ander gesê is.Ek het lanklaas so 'n mooi gedig gelees.
4 jaar 1 week 3 dae 14 ure oud


President
. . . sal dit nie wonderlik wees nie?
4 jaar 1 week 3 dae 14 ure oud


Land
Ai, dis mos hoe ons landjie was, sal ons hom ooit weer so kry? Dalk as ons Kiekies se raad vat en Evelyn instem vir president. Ons kort lankal weer iemand met verstand in die kop in daardie pos.
4 jaar 1 week 3 dae 16 ure oud


land
Ons land is in God se Hand, al voel dit soms soos 'n seertand..Puik geskryf
4 jaar 1 week 3 dae 16 ure oud


In my land as President
Dis my land daai! Maar hoekom voel ek soos 'n immigrant in my eie land? Goed geskryf!
4 jaar 1 week 3 dae 18 ure oud


President
Evelyn, vir een keer in my lewe voel ek asof daar hoop is. Jy skryf so raak dat dit mens amper laat huil. Met mense soos jy, en ons, kan dit ons land word. Daar's hoop vrou. Daar's hoop!
4 jaar 1 week 3 dae 19 ure oud


Goeie werk !
Wat 'n land!
4 jaar 1 week 3 dae 19 ure oud


Land
Eenmaal, so 21 jaar gelede het ek ook in so 'n land gebly.
Stuur die adres van joune, ek pak al!
Uitmuntende sosiale kommentaar, E
hier het jy jouself weer oortref!
4 jaar 1 week 3 dae 19 ure oud


Ano
Land
Amen. Jy is verkies tot waardige president!
4 jaar 1 week 3 dae 20 ure oud


Z
Ek wil graag aansoek doen vir burgerskap in jou land Evelyn.
Dit is 'n land waarmee almal sal kan doen.

Jy skryf hierdie utstekende gedig oor goed wat na aan die hart lê.
4 jaar 1 week 3 dae 20 ure oud


In my land
Ek sal wragtigwaar twee keer stem vir jou. Gaan jy staan?
Viva Evelyn!!!!
Pragtige skrywe.
4 jaar 1 week 3 dae 20 ure oud


President
"Wishfull Thinking!"


Ou japie Zoempie verstaan nie hierdie taal nie.... Goed gedink.... en geskryf!
4 jaar 1 week 3 dae 20 ure oud


land
En wie gaan stry. Mooi gepen.
4 jaar 1 week 3 dae 21 ure oud


President
Dankie Kiekies maar ek sal eers by JUJU verby moet kom hehehehe
4 jaar 1 week 3 dae 21 ure oud


P
Ek spring orent en sommer bo-op my tafel. Om voete te stamp en hande klap en my Vuvuzela te blaas vir hierdie land in hierdie gedig!

Dis 'n uitgemaakte saak!
Evelyn vir PRESIDENT!
4 jaar 1 week 3 dae 21 ure oud


in my land
whau-whau-ons nuwe volkslied
jy moet dit toonset
pragtig,hartseer kragtig
4 jaar 1 week 3 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar