Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Wanneer my woorde opraak
en saam met my moed
in my skoene kom sit,
dan skuil ek in die skaduwee
van elke tree
wat ek nie kan gee

Dan soek ek na die kalmte
in jou sagte nabyheid
om my nader te trek
en vas te hou

Soos nou...
wat ek jou wil vertel
van ‘n duisend vlinders
wat soos kinders
in my hart baljaar,
elke keer as jou
rustelose oë
in myne bedaar

Dan wil ek jou vra
of dit jy of die wind is
wat saans so teer
oor my kaal
skouers
streel

En dan wil ek by jou weet:
Kan jy sien ek word so bang
as ek dag na dag
die stryd verloor
teen verlang?


~©KVDM



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ek hou hiervan.
6 jaar 5 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


Stryd
Ek voel jou gedig in my binneste!
6 jaar 5 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


Stryd teen verlang
Baie teer gedig met verse wat warmte uitstraal. Baie mooi.
6 jaar 5 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


VERLANG
Goeie More

Die gedig laat my sommer nog meer verlang. Dis pragtig en so mooi uit die hart uiteengesit
6 jaar 5 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


Sjoe!
Hierdie een is 'n wenner!
6 jaar 5 maande 2 weke 1 uur oud


Stryd
"Verlang", is een van die sterk emosies wat redelik stremmend sowel as veeleisend kan wees en dus met reg as 'n "stryd" beleef kan word. Die aanhef van die gedig spreek duidelik daardie "styd" aan met:
"dan skuil ek in die skaduwee
van elke tree
wat ek nie kan gee"... Pragtig gedoen!

Die res (vir my) is gerusstellend want daar is (vir jou) kondrete vashouplek.
6 jaar 5 maande 2 weke 7 ure oud


*
Is gek hieroor!
6 jaar 5 maande 2 weke 7 ure oud


Verlang
Ek stem saam...jy dra die emosie baie goed oor...ek hou daarvan
6 jaar 5 maande 2 weke 14 ure oud


My stryd
Uiters goed gestel ....!! Som jou stryd teen verlang treffend op.....Mooi!!
6 jaar 5 maande 2 weke 15 ure oud


verlang
Gevoelens pragtig beskrywend neergepen.
6 jaar 5 maande 2 weke 16 ure oud


!!!
Goed gedoen, dink ek.
Dit vloei mooi en dra die emosie oor.
Ek hou hiervan.
6 jaar 5 maande 2 weke 16 ure oud


Verlang
Baie, baie goed gedoen Karen
Baie treffend, veral die laaste vers. So moeilik, die stryd teen verlang...
6 jaar 5 maande 2 weke 16 ure oud


In m y stryd teen verlang
Ek dink dit is pragtig en korrek uitgebeeld
Met die regte emosie en ware gevoel presies reg

Baie goed
Dankie
6 jaar 5 maande 2 weke 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar