Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek jou daar sou kon ontmoet,
daar waar die tak laag oor die pad hang
sou ek stilbly
sodat jy kon praat
van vroegmôre
tot laat in die aand.

Ons kon net daar sit
in die pad,
terwyl die loeries sag om ons baljaar.

Ek sou net na jou woorde luister
terwyl die wind
sag deur my hare
en deur die blare waai.

Ek sou jou elke wonder,
jou elke teorie,
jou elke verduideliking hoor
en inneem
en ek sou dit verstaan,

want om te verstaan
beteken mos nie om ’n antwoord
of oplossing
te hê nie?

En later
wanneer ons moet groet,
sou die maan dan hartseer
en stil bo ons hang
en jy my lank vashou
met jou bors teen my wang.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Foto
Uit-flippien-stekend!!
5 jaar 9 maande 4 dae 10 ure oud


foto 1
hierdie is nou volmaakte geluk wat jy beskryf....

en jy my lank vashou
met jou bors teen my wang.


soooo mooi gepen....
5 jaar 9 maande 4 dae 12 ure oud


in n ander wereld
so vol rustigheid en liefde. Jy so mooi geskryf dat en self so n begeerte het.
5 jaar 9 maande 4 dae 17 ure oud


Sjoe
Wat 'n pragtige foto,
en die gedig pas perfek daarby, so 'n tak vra na sit en na voels en na liefde!

Pragtig geskryf!
5 jaar 9 maande 5 dae 5 ure oud


foto 1
waow wat n pragstuk. Anria as jy n fanklub stig is ek die eerste lid
5 jaar 9 maande 5 dae 7 ure oud


***
Nog 'n pragstuk uit jou pen ... of sleutelbord.
5 jaar 9 maande 5 dae 9 ure oud


Tak ...
Hmmmmm ... ja, lyk my drome word só gevang ... pragtig!
5 jaar 9 maande 5 dae 10 ure oud


foto
Anria...hierdie gedig van jou laat my nou verlang...ek weet nie na WIE nie....gelukkig skyn die son vandag hier, anders het hier nou 'n paar trane geloop :-) pragtig geskryf...
5 jaar 9 maande 5 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar