Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vel songelooi, taai en sterk, versteek `n hart
So sag soos eerste reën op droë sand
Hierdie man van bitter min woorde,
Se insig en wysheid, soos sagte akkoorde
Sy 6voet6 beweeg flink en flugtig
Op stewige stappas, take te verrig
Net nog `n man wat daar loop, kan jy sê
Maar kom ek neem jou na waar sy hart lê

Storm bars los, reën val harder en harder
Op vader’s gesigslyne uitgebeelde kommer
Sy opdrag duidelik; staan op, gaan soek
My lammers deur die plaas, elke hoek
Die pynverkrummeling van sy wese
Vir elkeen te laat gevind, reeds verlore
Om weer te verrys in oorwinningsvreugde
Daar is diè wat hulpsoekend skree hul ellende
Onmeetbaar sag en teer word hul uitgelig
Sterke arms verwelkom hul in veiligheid terug
Geduldig, oor en oor, gewas, gevoed, gesterk
Tot elke kriesel lewe-nemende modder onttrek
Dan die trotse liefde wat uit sy vaderhart straal
Wanneer almal gesond-gelukkig rondmaal!



Sien `Rubrieke’ vir agtergrondskets



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vaderbeeld
goedgeskryf welgedaan!
7 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


Vader
Ja, ek sien hom, en ek sien HOM! Hoe bevoorreg is jy dat jy so kan sien en skryf!
8 jaar 1 dag 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar