Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

* Opgedra aan my broer , Julian Etchells , 1 November 1973 – 1 Julie 2015 .

29 Junie 2015 :

Die laaste keer toe ek jou lewendig gesien
het , het jy op n staatshospitaal se bed
vol IV Cocktail , vol hoop , vol morfien
gelê en geglo n kind sal jou kom red
met n allesvertrou-eenvoud uit n kindersaal .
Ek het nog gesê : ‘ As die goed begin werk
gaan tot ek vir jou mooi wees ’ , en jy het vir my gelag .
Deur al jou pyn was jy vir my sterk :
so sal ek jou onthou daardie ingebrande nag .

1 Junie 2015 :

Die nag is my gevoel ook dood .
Ek kon tot nou toe nog alles vat ,
almal lê en vermy in my donker kamer ,
maar ek kan nie ‘ cheers bro’ ’ sê nie ,
net dit kan ek nie vat nie ,
want dit voel of jy terug gaan groet ,
en ek wil hê jy moet hier wees .
Maar nie jou bloed wat agter gebly het ,
of jou lyk , of jou vrees ,
of hoe jy gely het
was jy gewees ,
en ek verstaan : jy wou nie bly nie .

7 Julie 2015 :

Koue wind , n kouer son ,
Leë beloftes van reën , n ysige front...
ek sou warm wou kry as ek kon ,
maar jy lê orals rond ,
en ek sukkel om te los
want dis nog liefde wat ek weggooi .
Niks gaan jou terug bring nie , nou voel ek niks .
Miskien is ek gelukkig .

1 September 2015 :

Dis heerlike Lente , broer ,
maar die Winter is nie verby nie ,
jy,s in die roupers Jakaranda’s op die vloer ,
niks kan jou vermy nie ,
jy groei uit alles ,
en bloei orals uit .
Die son sal wel skyn ,
maar meesal vloei die reën ,
en die niks-dorings van pyn
gaan onverwags in my onthou versteen

- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ingebrande nagte
Met tyd sal die verstaan kom ... Sterkte en innige simpatie. Jy het jou seer baie mooi verwoord
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 7 ure oud


nagte
Hartseer inskrywings van 'n dagboek. Voortreflike slot. Goed gepen.
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar