Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Wat het jy gedink, Ingrid?
Die nag toe jy op Drieankerbaai se strand gestaan het
Was jou sakke vol en jou hart leeg,
Of was dit andersom?

Wat het jy gevoel, Ingrid?
Daardie nag toe jy die koue Atlantiese oseaan ingestap het,
Het jy gedink aan haar wat gelê en slaap het,
Engelsag in haar bedjie

Wat het jou so gedruk, Ingrid?
Dat jy die straat oorgesteek het daardie koue nag,
Het jy eers getalm, het jy op die koue sand gesit,
Het sofas en ritmes deur jou kop gemaal?


Het jy gehoop, Ingrid?
Dat iemand jou vind voor die donker golwe jou sou verswelg
Dat hulle die pyn sou minder maak
Dat hulle jou koester, jou kon gee waarna jy so gesmag het?

Niemand was daar nie, nê Ingrid?
Jy was alleen met jou stryd
Jy het niks gesien , gevoel , gehoor
Dit was net jy en die koue genade

Jy het dit nie verdien, Ingrid
Dat hy sou se: Hulle kan haar teruggooi in die see, vir al wat ek omgee!
Hy wat jou moes gee waarna jy soekend gebly het.

Jou gedagtes weergalm vandag nog, Ingrid
Op papier en in lied
Vul dit hart en siel
Het dit 'n Staatsman genoop tot erkenning
Van wie Jy was, wat Jy nooit kon wees

Stuur groete vir Andrê , Ingrid.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar