Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aan die einde van
my pen se punt,
sal jy die begin
van my gedagtes vind,
op die wit papier
waar woorde sink,
in ‘n pulp woestyn
wat dors na ink.

Van voor tot agter
in lyne geplant,
is jy geplot
in ‘n hart se brand,
blink is die naald
in die lig van die kers,
wat hekel en brei
aan 'n droom kombers.

My beker loop oor
van dit wat brou,
telkens as die woorde
jou skouers omvou,
sonder dat jy weet
is jy ewig hier,
in die ink geskribbel
op my wit papier.

Stil wonder ek dan
hoe dit sou lees,
as my woorde ook deel
van jou kon wees,
is dit die antwoord
wat ek nooit sal weet,
of jy wil onthou of
sommer net vergeet?




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie mooi vir my!
9 jaar 11 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


Sjoe, dis pragtig...

Nog ene wat ek weer en weer gaan lees!
11 jaar 6 maande 1 week 6 dae 5 ure oud


'n gedig so lekker lees en nog presies vertel wat jy wil oordra, ek hou daarvan
11 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


Uitsonderlike gedig!
13 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Ink Gedagtes
Very Nice! Ek hou sommer baie van jou gedigte... So lekker op die tong!
Doen so voort.
Groete
Magda
13 jaar 7 maande 3 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar