Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 201
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 19 Oct 2015
'n Ware murasie verhaal
die digter wat sy kindspore by die plaashuis gaan haal
Kronkel met die stofpad deur die Elandsvallei
sy geheue het dit in sy kinderboek vol stof gekry
Die eens spog plaasopstal
vertel die verhaal van 'n murasie wat verval
Gedagtes verdwaal tussen die murasie klippe
daars nie woorde vir sy droë lippe
Terwyl hy deur murasiekamers rond dwaal
fluister helder prente in eenvoudige kindertaal
van sorgelose lief en lag
daars genoeg speel vir elke dag
die gisters is almal nou verby
geen speel gaan jy meer daaruit kry
speel soos 'n kind in die oomblik van nou!
môre kan jy weer nuwe huisies bou
In die tru-spieël raak die murasie nou verder en klein
tot dit uit 'n blink-traanoog verdwyn
'n Leë gevoel in 'n afgeskilde hart
dis die gisters en die môres wat sy gees nou tart
Soos die emosies woed en woorde baklei
die eerste sinne in vers-ink uit sy siel laat gly
Murasies in die lewe omskep hy nou in digterstaal
om die môres en die gisters met ink te gaan haal
- - -
My eerste gedig geskryf net vir my
om die murasie-sinne uit my siel te bevry
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur hopeanointed
Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!