Gedigte

Titel: Inloer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ‘n mens verby die bloekombos kaalvoet skaapstof opskop
sal Pa se fluit-deuntjie ylerig hort en weer koerskry soos hy planne maak
om die John Deere aan die loop te kry.
Die waenhuisdak opgeefsel in die somerson
en ek voel bevryding ligvoets in my hart klop.
Al die gisters is verby en vandag, na baie inkuil,
ruik ek ghries en grondboondop.
Die skaapvruglaning spikkel pointillisties geel en rooi
en daar’s iemand, wil-wil lyk na Shadrack Ndlebe, by hom.
Ek sal agterom die soet reuk van voersilo na-yl;
‘n mens moet opgeefsels met geduld inwerf.
As ek my hande saggies voor sy oë hou:

“My maggies, Lien, ek sê vir Ma dit proe soos reën,
en kýk nou!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sjoe maar jy skryf mooi. Mal oor jou woordgebruik en vergelykings
10 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 2 ure oud


Jou vertel-gedigte bring my telkens in vervoering. So besonders, besonders mooi geskryf.
11 jaar 2 maande 3 weke 2 dae 15 ure oud


ingeloer
Karlien, jy skryf pragtig. Jou verhalende verse ontroer altyd en sorg vir baie verrassings. Sien uit na jou bundel! Gerda
11 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


Die allermooiste beelde wat hier opgetower word. Jy het my ook na my melkplaas kinderdae teruggevoer. Die reuk van kuilvoer en ghries en son op die stof.
Jy is n meester van die verteltrant gedig wat elke keer tog ook sorg vir n hou op die maag.
Groete
A
12 jaar 1 week 1 dag 15 ure oud


inloer
ek is bly ek het hier ingeloer jy het die plaas en sy reuke en geure weer in my laat lewe, dankie daarvoor..m
12 jaar 1 week 1 dag 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar