Gedigte

Titel: Inspirasie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Inspirasie is so delikaat
Maar word so maklik agter gelaat
Die waarde daarvan word nie hoog geag
En daarom word dit nie verwag

Negatiewe gebeure word alewig bespreek
En so word die mens se moed gebreek
Inspirasie is die element wat die ys breek
En so die son weer laat deurbreek

Inspirasie vat die swaar gevoel weg
Dan voel die negatiewe nie meer so sleg
Die gemoed word dan weer opgebou
En die negatiewe dinge word nie meer onthou

Inspirasie is nie net vir die lewe nou
Dis ook vir die ewigheid wat spoedig gaan ontvou
Daarom moet ons ook volhard in gebed
En op ons doen en late let.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar