Weergawe: 1
Aantal woorde: 218
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 17 Apr 2010
Môre Helen.
Nieu-Bethesda is maklik te kry, hier aan die voet van die Kompasberg, dankie.
Dis nou nie Graaf-Reinett nie, maar dis meer ek en jy.
Jou huis glinster blêrboksblink in hierdie vaal vallei: Moon-shadow;
Ek het half gevrees om jou eers vannag
met kers en paljas en drinkglas te bevry.
Nee,die klank van jou windklokke is nie kruisigend nie, dis mooi vir my.
Ek drentel graag deur jou huis, so met uile-oë,
maar ek elmboog nie my pad aanmatigend nie,
want `n mens trap sag oor die glasskerwe
van ander se drome.
So loop die pad:
deur die eetkamer met sy mane by kerslig en lantern
deur jou spieël-slaapkamers en kouestoof kombuis
verby vreemde fetusse met voete wat `n mens in jou arms wil toevou
en die paartjie in omhelsing op die liefdelose wittebroodslaken.
Hulle het gewag dat jy, soos Vincent van Gogh, skoonbloei
voor hulle jou binneste oopspalk.
Ek wil in jou poel van heling staan
en huil oor jou klein heiligdomme.
Maar die graagste wil ek tussen jou uitgestrekte arms kniel.
Al die lig en helderte kon jou nie vuurvlieg nie en soos `n sterrenag
Is asemhaal nog seer.
Jou liewe maan was die doodsengel se soeklig.
Karlien van der Merwe
Lees ander gedigte deur Karlien van der Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Leonard John Holmes
Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?