Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vrou stap in winkel
na toonbank nommer drie;
"More jong man, watse winkel is dit die?"
"Hier verkoop ons speelgoed vir die ouderdom van u,
meestal vir groepies van twee of selfs drie."

"My man is op besigheid,
al ewig in soveel lande
en ek het nou juis bietjie tyd op my hande,
ek's opsoek na 'n speelding, een met klein bietjie skande
wat my sal laat dink, aan die tropiese strande."

"Sekerlik mevrou,
reg agter in die hoek,
ek is seker daar sal u kry wat u soek,
daar is allerhande goedjies wat skud, skommel en kloek
selfs kleine masjientjies wat u soos 'n matroos sal laat vloek."

Sy waggel die gang af,
sy is 'n klein rukkie weg;
sy het gekry wat sy soek, op haar gesig a verligtingsaanweg,
op die toonbank val die item, sy is seker dis reg,
haar oe lyk gespanne, haar glimlag is eg.

Die verkoopsman draai om,
sy oe lyk arabies,
hy begin stadig praat met sy stem effens fies,
"Agge nee man mevrou,
jy het die brandblusser gekies..."



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Is Daar 'n vuur?
Goed gedoen. Jy laat mens heerlik lag met jou woorde.
11 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


Baie oulik, ek het dit baie geniet.
'n Glimlag om die dag te begin is net die regte ding!
Groete,
PM
12 jaar 3 weke 3 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar