Gedigte

Titel: Is dit so?
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Issit so, Mamma?
Issit so dat drome nooit vergaan?
En sprokies en kamma-kamma?
En drake en hekse en ‘n sekelmaan?

Waar’s my regte ridder dan, Ma?
Daai held in my boek op sy spierwitte perd?
Moes hy my nie lankal kom haal?
Het hy vergeet - is ekkit dan gladnie meer werd?

Mammie, ek verlang
ek verlang vandag na my kleindogter drome
feetjies , “make belief” en towenaarbome
dit wat nou is, maak my so bang

My huis se mure’s gekraak, die dak lek al lank
Die deure hang skeef en die stoele die ry
my “ridder” is dronk, hy lê oppie bank
sy bottel is leeg ... my lip is gesny

Is daar nog drome
in ‘n wasbak vol skottelgoed?
en sprokies in doeke
of olievuil wasgoed?
Mamma?
Is hierdie swaarkry net maar kamma?
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Is dit so?
Aan almal wat sulke positiewe kommentaar gelewer het, wil ek net dankie sê. Wat ek wel uit hierdie oefening geleer het is dat om te probeer gedigte skryf baie moeiliker is as stories. Ek het dus oneindig respek bygekry vir ons digters
8 jaar 5 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud


Is dit
Sjoe... ek love die gedig veral die beelde aan die begin, regtig klein dogtertjie, en dan die slaankrag van die teenstellende res...
8 jaar 5 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud


. . . . . .
. . . . . . Enige woorde wat ek sou wou gelewer het as kommentaar is ook sommer deur hierdie gedig weggeskryf. Wat bly oor om te sê.

Baie goed gedoen.
8 jaar 5 maande 3 weke 4 ure oud


Is dit so?
Sjoe, wat 'n diep treffende raakbeskrywende gedig! Goed gedoen oom Kaspaas!
8 jaar 5 maande 3 weke 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar