Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoekom kan die son nie ophou skyn
sodat die dag so grys kan lyk
soos dit daagliks vir my voel nie?

Hoekom kan die maan
sans nie onder bly nie?
Die nag is so koud
en leeg
en donker
so swart
so swaar
so seer.

Hoekom kan die horlosie teen my kamermuur
se getik ... tik ... tik ... nie net ophou
net vir ’n rukkie net stil ... stil ... stilbly nie.

Hoekom kan die wêreld en sy bestaan
nie ophou
stilstaan
vries.

... net vir ’n rukkie
net sodat ek kan –

dans onder tipuana-saadjie-helikopter-blaartjies
al in die rondte
sodat ek kan draai
en draai
en draai

terwyl die wêreld stilstaan
en ek
sodat ek my seer kan voel sonder oordeel ...
sonder dat tyd verbyglip
en dae in weke in maande verander
en my verlange my hunker die leegheid
die smorend alleenheid sonder jou
hier
op die aarde wat aanhou met draai
tyd wat aanhou tik-tik-tik hoekom kan alles nie net vries.

... net sodat my trane kan val
sonder skuld sonder
sonder
sonder jou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hoekom
ja vrae soos: as ek net maar, of waarom het ek nie? lê kasty-diep. Maar pyn laat groei ons in geloof en in die wil om te oorleef.
Vir my is hierdie jou heel, heel beste werk!
4 jaar 6 maande 2 weke 4 dae oud


...
Baie hartseer... saam met jou
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


weet
So hartseer... Mooi gepen.
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


weet
Jy gaan haal daai seer diep uit en dans en draai daarmee tot al's stilstaan, mooi gepen
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


ja ek weet
Daar is geen ander manier as om daardie styl bult met sy distels en dorings uit te klim en dan eers dan sal mens besef of die aarde werklik moes stilstaan en of daar 'n wonderlike oase aan die anderkant van jou bult wag.
4 jaar 6 maande 3 weke 2 ure oud


ja ek weet . . .
Jy moet die pad van rou volledig stap, so skryf jou hartseer uit. Die deel wat Rudi aangehaal het is vir my ook pragtig gepen
4 jaar 6 maande 3 weke 2 ure oud


die weervoorspelling
n rouwerk vol emosie.
vol onder.
vol vrae.

like veral:
dans onder tipuana-saadjie-helikopter-blaartjies
al in die rondte
sodat ek kan draai
en draai
en draai

+ kou slotstrofe.

kyk net: saans
4 jaar 6 maande 3 weke 3 ure oud


Ano
Ek weet
Ek stuur vir jou 'n buisie super-gom, sodat jy elkeen wat instruksies uitdeel se lippe geplak kan word. 'One heartbeat at a time' en neem soveel daarvan as wat jy nodig het. (En koop pluisies vir jou ore :-D )
4 jaar 6 maande 3 weke 5 ure oud


Hoekom?
("POWERFUL" ~ soos jy graag dikwels kommentaar op ander se puik werk.)

En Carma is so rég . . . geen quick fix nie. Trane maak ook heel. Hoeveel trane? Soveel soos jy self besluit . . .
4 jaar 6 maande 3 weke 10 ure oud


Ja...
Maar die aarde bly draai, die tyd staan nie stil nie. Voorwaarts, opwaarts,na die lig. Hou aan groei, pyn is deel van die lewe, byt vas. Dit sál beter word.
Goeie gedig.
4 jaar 6 maande 3 weke 14 ure oud


treur
Jy mag maar treur, Anria. Dit kan jare neem om iemand se dood heeltemal te verwerk. En terwyl mens treur kan jy steeds aangaan met jou lewe, nes jy wel doen. Daar is nie 'n quick fix vir hierdie soort seer nie. Baie goeie gedig hierdie van jou!
4 jaar 6 maande 3 weke 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar