Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat bly oor?

Onner my bloubulkombersie
skryf ek, by 'n snotwaskersie
jou 'n slaapdopversie
want wat anners bly oor
as om met woorde te toor
ek en my halfjack
ennie ligsinnige parras
da innie voor?



Leënes-sindroom

Met allie tjinners nou uit die huis
hulle noem dit leënes sindroom
stel ek voor
ons loep nou kaalgat innie huis
kommie antwoord:
van wanner af rook jy boom?


Jeuk

My rug neuk
vannat ek tagtig is
so om te jeuk
en is my armspiere te styf
vir my hand om te krap
reg rondom my lyf


Ai, die lewe

Die lewe is so pittig
kyk hoe hol daai henne
want die rooihaan
is vandag weer hittig



As jy oud is

As jy oud is
is daar mos nie meer 'n loopbaanleer
wat jy na die top toe
op moet klim nie
net 'n hoë berg wat jy moet af
van die kruin na onder terug
met weinig asem
in jou hoepelrug


©Elizabeth Greef - 25/01/2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lewe
Mooi gepen!
4 jaar 3 weke 4 dae 13 ure oud


So
Ja....so is die lewe. So is die lot. 'n Oog vol trane en 'n neus.....

Snaak maar ernstig!
Raar maar waar!

Jy het die lewe beslis raak-geskryf! Baie goed gedoen.
4 jaar 3 weke 4 dae 16 ure oud


lewe
Baie waarhede hier vasgeskryf, Karmenaadjie. Goed gedoen :-)
4 jaar 3 weke 4 dae 18 ure oud


Lewe
Ek sê mos, as mens jonk is soek jy moeilikheid maar as jy oud is soek moeilikheid jou.
4 jaar 3 weke 4 dae 19 ure oud


Ja, so is die lewe


Ooglopend pittig en snaaks, maar die diepte van jou denke kan nie verbloem word nie...
Altyd heerlik om jou werke te mag lees.Baie dankie.
4 jaar 3 weke 5 dae 12 ure oud


die weervoorspelling
ja..
oulik.
lekker gespeel.
diep en filosofies....
4 jaar 3 weke 5 dae 14 ure oud


Die lewe
Dit het nou regtig lekker gelees - so 'n lekker gereg voor ons web een van die dae weg is.
4 jaar 3 weke 5 dae 20 ure oud


lewe
Soos altyd Elizabeth op haar beste
4 jaar 3 weke 6 dae 1 uur oud


:D
(Dis wat ek regtig soooooo gaan mis!)

Pittig en kostelik ~ lekkerlees voorwaar!
4 jaar 3 weke 6 dae 4 ure oud


Lewe
Ek kan net saam met oom Vic stem. Dankie vir hierdie lekker lees.
4 jaar 3 weke 6 dae 4 ure oud


***
Dis nou sommer lekkerlees en nogal waar al is dit lig en pittig.
4 jaar 3 weke 6 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Bothaville in the Second Anglo Boer War

    deur Francis Gillieron

    CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar