Gedigte

Titel: Jammer
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is jammer ek was wreder
toe alles vir jou klaar wreed was ,
en toe jy klaar bang was
dat ek jou banger as ooit gemaak het .
Ek is jammer my briewe was papiervure ,
en my woorde houe ,
en my gebede was net nooit ,
en al wat daar in die donker kamer was
agter toe deure was jou bloed ,
en jou knieë was die enigste op die vloer ,
en die enigste rede vir dit was pyn .
Ek is jammer jy was die een
wat gehuil het en ek was die een
wat jou laat val het .

Ek is jammer ek was kou d vir jou ,
en my liefde was verkeerd blind ,
ek is jammer my hande was dood ,
en my hart n seer klip .
Jy het bloed uit my klip uit gekap ,
en trane uit my wrede oë getap
toe jy die gevalle monster in jou klein hande op getel het ,
en met jou fyn vingers gered het .
Jy het n monster n mens gemaak .
Nee , dit was nie maar net niks nie .
As dit niks was
sou daar nie n hel gewees het nie .

Ek is jammer ek het jou gebreek , en weggegooi ,
en jou vir dood gelos .
Jy moes nie verander nie ,
dit was ek wat nie wou nie .
Ek is spyt jammer kan nie alles weer laat mooi wees
soos Jy dit eers gemaak het nie .
Maar ek was te laat jammer .

- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar