Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met naaldekokervlerke
het ek, droomoogkind
deur glasbottels
die toonleer van die wind
in lig opgevang
tot gotiese kerke
se beier-gesang.

En in adolessensie
se alles ondersoek-
frekwensie
van-die-goeie-behou,
het ek, in sjaggelklubwalms
se mot-na-die-kers toe lok
verbete vasgeklou aan die ylblouhalms
van tyd-af-TIK
se moet-hê-kerkerblok.

En in die dal van visgraatwroeg
se Bar Jona piep
is ek, ma-ontskoot
uitgespoeg
in slierte-sand
se slikgroen-dood
waar kringe van kindsheidslig
se glim, 'n Hoërhand
my aan kuif en baard
voor waghou-engelportrette
van huis en haard
se genade-gebod
omhels met die liefde
van my God.


© Elizabeth Greef - 11/06/2014

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jeug van die lewe
'n Besonderse bydrae wat ongelooflik diep eindig in jou stemming met God. Voorwaar is jy begiftig deur die Gees om God so te verheerlik en te behaag...
4 jaar 6 maande 4 dae oud


jeug
hierdie is hoendervleis mooi geskryf.. absolute puik woordbeelde gebruik n 10/10 gedig!!!!
5 jaar 3 maande 6 dae oud


Jeug
Weereens 'n puik gedig uit jou skrywershand
5 jaar 3 maande 6 dae 11 ure oud


Elizabeth!
What a tour de force! Waauw ... van daai naaldekokervlerke en die gotiese vensters tot die Hoërhand wat gryp aan kuif en baard! Waauw! Ek voel nou nes ek voel nadat my kind deur 'n area is en haar laaste suiwer note huiwerend bly hang voor hulle saggies in my hart kom lê ... Sjoe!
5 jaar 3 maande 6 dae 14 ure oud


Jeug
WOW! dis n mond vol. baie goeie gedig.
5 jaar 3 maande 6 dae 19 ure oud


jeug
moet sê hierdiwe is iets anders maar ek hou baie daarvan
5 jaar 3 maande 6 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

    deur Francis Gillieron

    Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar