Gedigte

Titel: Jou foto
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jou prentjie is begrawe
in die mure van my hart,
dag en nag, roep ek, soek, vat -
geen antwoord kom vir die smart,
Sien net diep binne, jou mooi gesig.
En- ek huil en vra,
hoekom, waarom en vir wat ?

Hoekom? – moes jy my hier so los.
Deur droewe dae te sweef.
Alleen en soekend net na jou –
My iemand om geluk mee saam te weef.
Jy is weg van my.. hoekom !
is ek hier om eensaam aan te leef.

Waarom? ..was my dan nie beskore,
’n woord van vaarwel uit jou mond.....
Jy was net eendag skielik weg ...
en ek hier alleen, oor jou te treur,
.. oor jou te wonder.

Vir wat... dra ek die pyn van skeiding
Kry nie rus van vrae en peinsing.
Stap die pad van heimwee, oneindig leiding –
Die liggaam klaar - opgebruik my gees.
Maar dis my hart wat nie laat wyk -
jou beeld wat stadig aan verblyk .

Dalk sal HY... op Sy tyd.
Die wond aan my flenters hart genees,
En wie weet, miskien,eendag weer
- sal ’n rein wit liefdeslelie ...
uit hierdie diep, swart modder beur.

LL



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jou foto
Lana, dit is so diep en seer en waar - maar die rein lelie het reeds opgestaan in hierdie gedig
12 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar