Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Almal kom een of ander tyd te staan voor ‘n Judas broer net soos Jesus in die Bybel se tyd. Somtyds is dit nie ‘n bloedbroer, maar ‘n mede gelowige wat veronderstel is om jou te behandel soos ‘n eie broer.

JUDAS BROER

Was eens jou broer.
Na jou opgekyk, my hart geroer.

Wat het ek jou aangedoen.
Ek het gedra jou ou weggegooide skoen.

Dieselfde huis en kamer gedeel.
Totdat ons paaie eendag het verdeel.

Die dag jy my gegee die Judas soen.
Nou het jy my daarmee weggedoen.

Hoe kan jy so wreed wees.
Is ons dan nie van dieselfde bloed en vlees.

My broer waarom het jy,
met ‘n dolk in die rug gesteek vir my.

Die Woord sê vergewe,
sewentig maal sewe.

Vir jou het ek lankal vergewe,
Maar dit wat my aangedoen is, is nou bo my verhewe.

Sal vergewe, want dit wat bo my is, is vergeet.
Sal nou nie aan mens se lewe bly vreet.

Dus, bly verlekker jouself my broer.
Hoop jy het nog ‘n hart wat iewers roer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar