Gedigte

Titel: JY
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jou binnekant is mooi
soos ʼn suiwer sonate.
Ek bottel en bêre jou
op die spensrak van my hart
want by jou is ek tuis
tussen spierwit linne,
dieprooi aksente
en fluweel -
in al die kamers van jou huis
waar musiek
soetklinkend speel.

© C. Potgieter 2013-05-17



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dieprooi aksente
Rooimooi - ek hou van die gevoel van vrede wat jou woorde saamdra.
5 jaar 5 maande 4 dae 23 ure oud


***
Skittervers!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Jy
Pragtige woorde wat enigeen spesiaal sal laat voel. Baie goed...
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


Pragtig
Ek voel sommer tuis in die gedig!
6 jaar 8 maande 4 weke 2 ure oud


Beeldskoon
Sulke mooi kleure en klanke dat 'n mens se sintuie sommer almal warm en geprikkel voel. Dis beeldskoon geskilder.
6 jaar 8 maande 4 weke 14 ure oud


*
Stem saam met Nicolette, leer ek nou by jou. Dit is ongelooflik mooi, Charmain.
6 jaar 8 maande 4 weke 14 ure oud


jy
Jou kleure skep regte atmosfeer.
6 jaar 8 maande 4 weke 18 ure oud


Jy
Watter wonderlike getuigskrif vir 'n spesiaal-warm mens.

Skitterend Charmain, weldeurdag aanmekaar gesit.

Nie te min, nie te veel,net mooi reg met 'n lekkerlees ritme!
6 jaar 8 maande 4 weke 21 ure oud


Jy
Dis pragtig :)
6 jaar 8 maande 4 weke 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar