Gedigte

Titel: Jy dra onwetend by

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek word op 'n straathoek groot,
waar my ma bedel
vir 'n rand of twee,
of 'n halwe brood.

My geleerdheid en sosiale gebruik
kry ek uit verbygaande swetse,
vingergebare vir kommunikasie
en my toilet agter 'n droë struik.

My honger word gestil
met busse se gasdampe,
my dors geles met die dou
van die gras wat ek vroegoggend kou.

Ek word op die eiland
in die stadsverkeer groot gemaak,
waar toeters blaas en brieke skree
en grootdoenerig word 'n 10c aalmoes gegee.



Kommentaar

Treffend - Ontstellende - en ons dra elke dag by
2 jaar 11 maande 3 weke 2 ure 52 minute oud


Treffend
Regtig treffend, ek is mal oor die beelde.
2 jaar 11 maande 3 weke 18 ure 30 minute oud


so
hartseer..m
2 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 2 ure 39 minute oud


Al is jou hart reg, leer jy hulle die verkeerde weg. Wie betaal hulle huishulpe 'n behoorlike loon of staan ek net op 'n troon?
2 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 15 ure 4 minute oud


Bitter mooi raakgevat hierdie een en weet jy wat, daar min wat die "guts" sal hê om hierop 'n kommentaar te gee. Draai liewer weg die oog, wil tog net nie betrokke raak, dis nie MY probleem......
Weet jy wat, Dit is.........
2 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 15 ure 18 minute oud



Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar