Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In ‘n Laeveldse dorpie onder wolkemassas
en berge so blou
‘n Dorpie so mooi en rustig soos die van Heidi,
daar ontmoet ek toe mos vir jou

Jy nooi my vir ‘n piekniek
hoog in die berg, op ‘n sagte kombers
Ons kyk na die wonder van kleure,
groen, geel, oranje, donkerblou en sagte pers

Vanaf ons troon so hoog kyk ons af op die wêreld,
lag, gesels en eet slap-tjips wat brand
Die oomblik is efories, gevul met geluk,
ons oë skitter en ons gee mekaar die hand

Tog, ons is versigtig,
jy en ek, ons, ken albei seer
Sonder die uiter van woorde besef ons,
hierdie, is die eerste, van een trappie op ‘n keer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bly julle het mekaar gevind :-)
9 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


DIT is die mooiste gedig Andrè! klink so lekker sorgvry en ek is mal oor die slot!
Hoop dis die begin van nog baie!
9 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar