Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe leweloos
is die see vanaand
wat my diepste vrae
so onbeantwoord
en wasig wegdra

en laat wonder of trane
wat stom na binne gly
ook sal wegdryf
met hierdie stil gety?

want dié pyn
het nie woorde nie -
dit kan nie sê
hoe baie ek jou mis nie
en dit kan nie vir jou skryf nie
want dit het nie lyf nie
en ook nie arms
wat om jou kan vou nie

dit is net 'n leemte
wat altyd dieper sink
wanneer ek lewensmoeg
in die klein ure van die nag –
aan jou dink...

© C. Potgieter 2013-10-31



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

O
Dis so real ......
7 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Pyn
Net iemand wat al self pyn ervaar het, kan pyn so beskryf!

'n Hartaangrypende gedig, Charmain, veral die: 'het nie lyf of arms om om jou te vou nie'.
7 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


Jy is nie meer
Pragtig Charmain :)
7 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


.
" in die klein ure van die nag nog aan jou dink "

Stem saam Corina, raak en mooi en seer ...
7 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


...
Wat sê 'n mens as iemand so raak en mooi en seer kan skryf?
7 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


--
en sal die trane
wat na binne gly -
ooit kan wegspoel
met hierdie stil gety?

Ai toggie Charmain*, hierdie gedig van jou ruk elke denkbare emosie vanaand in my los. Ek kan myself nie eens indink hoe my kind moet voel nadat sy haar man (my skoonseun) in Januarie aan die dood afgestaan het nie.

Al wat ek weet is dat hierdie seer nie met Dettol skoongemaak kan word nie.. nog minder kan daar'n pleister opgeplak word; dis 'n seer wat veroorsaak dat hierdie ma nie eens weet hoe om te troos nie. [Jy skryf diep en besonders.]
7 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


hi
Dis werklik n puik gedig.My vrou 4 jaar terug verloor so ek verstaan die een se taal.Pragtig.
7 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar