Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as reënboë blus op onheilspaaie
word stofpaaie modder getrap
deur jóú kaalvoetmens
wat geheime begeertes baar;
nie kan kry waarna jou hart so innig staar

werp die drang van ek móét hê
verwerplik van jou weg
laat die brandende wete van besef
soos branders oor jou witperd ry, en
hou op om ander sò te kasty

laat die ediksbeker dan verby jou sluk gaan
hou terug die sluwe géselhoue
van jaloerse hand wat deur jou wig
dit wat was, behoort nie meer aan jou nie
jy’s immers nou ‘n verdwaalde gedagte
net ‘n jammerhartige (tog sò verontregte)
skaamkry-wegsteekvrou

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verdwaal
die vers vul die foto perfek aan .... net 'n verdwaalde gedagte. Baie kreatief bedink. Dit verdien applous!
3 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud


Verdwaal
n Pragtige gedig Anze.

Dit is skokkend tot watter dieptes mense sal daal om hulle sin te kry al staar die waarheid hulle vierkantig in die oê.

Baie goed geskryf.
3 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


Verdwaalde gedagte
Ek hou baie hiervan!Dis puik gedoen.
3 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Verdwaalde gedagte
Uitstekend gepen. Ek stem saam, die laaste vers sê alles wat nodig is.
3 jaar 10 maande 2 weke 6 dae oud


verdwaalde gedagte
Wow. Treffend. Sterk. 'n Titel wat aandag vasvang.
3 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud


gedagte
baie wegsteek mense in die lewe wat geestelik wegkruip omdat hulle ban is
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud


Gedagte
Uitstekend. jou laaste vers MAAk die gedig.
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


Wegsteekvrou
Minder (woorde) sou "meer" bydra tot die vermaning/uitspreek van verligting & afkeer.
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


gedagte
ware woord puik geskryf
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


Spyker oppie kop geslaan
Jong jy slaan die spyker oppie kop. Hoekom is sommige mense so wanneer hulle nie kan kry wat hulle wil hê nie? dan moet hulle anner mos sleg maak. Ja hulle is wegsteekmense.
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 18 ure oud


Jy is nou ‘n verdwaalde gedagte
Goed gesê!
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


Z
Wonderlike sterk gedig. Ek hou veral van strofe 2 en jou kragtige slot!
3 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 22 ure oud


Waaauw!
Anze . . . dis uitstekend!

WEGSTEEKVROU ~ wat 'n kragtige woord ~ wát 'n verdienste vir die merrie wat vat wat nie hare is nie.
3 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud


Spyt
Sjoe...dis puik gedoen, veral die 3 slotreels!
3 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar