Gedigte

Titel: Jy jaag my
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy jaag my as ons speel sonder om my te vang ,
jy mis my wegkruip plek .
Jy hou nie op lees nie al is dit my bedtyd-storie ,
jy loop nie as ek slaap nie .
en is nog steeds daar as ek wakker word .
Jy word nie kwaad as ek iets breek nie ,
jy tel my op as ek val ,
en maak my heel as ek stukkend is ,
Jy hou my hand vas as ek onseker is ,
jy beskerm my as ek bang is ,
en kry my as ek verdwaal
en hou my warm as dit koud is

Jy jaag my in jou mooi ,
n skepping wat God sag agter my aan strooi
Jy jaag my waar liefde is
sonder om te sê ek weet nie wat dit beteken nie .
Jy jaag my in my lag ,
en vang my in my huil ,
en sit jou arms om my
en druk my teen jou vas ,
en ek staan net daar
en vertrou jou
Jy soek my waar ek wegkruip ,
en steek my in jou weg .
Jy jaag al die leuens weg ,
en maak alles waar .
En ek moet vra : teen jou liefde ,
wat is die gevoel wat ek het maar ? .


- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jaag my
baie mooi gedagtes vasgepen
5 jaar 2 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


jy jaag my
ag dis nou n pragtige gedig. ek hou baie hiervan.
5 jaar 2 maande 1 week 4 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar