Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As die yswind van haat jou vel verniel
Gaan jy wegkruip in jou siel
Trek jou masker aan
Die een wat sê dat alles goed gaan!

Wat binne is, is verborge
Want wie stel belang in jou sorge?
Die murasie binne
Moet jy self bou
Want die mens wat jy is, moet jý behou!

So met ‘n glimlag om jou mond
Groet die wêreld alom rond
En hou jy alleen die spieël
Wat weerkaats in jou, jou siel!

Want tyd heel die wonde
Miskien nie ongeskonde
Maar tog sonder wonde
Sal die tyd ook heel jou wonde.

Met die wêreld sal jy deel
Stukkend of heel
Maar speël die spel
Met jou eie reël.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Ek is bly ek het hierdie een ondek. "I can relate". Raak sommer ook koud.
4 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud


deel
Wow dis diep en dis mooi.
5 jaar 4 maande 5 dae 5 ure oud


Jy sal daarmee deel
Baie goed gestel!
6 jaar 7 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


JY SAL DAARMEE DEEL
Jean-Marie

Dankie vir jou kommentaar, die gedig is vir 'n baie goeie vriendin van my geskryf wat nog op die klein dorpie waar ons groot geword het bly en deur 'n egskeiding gegaan het, maar ek glo ook dat daar baie vrouens is wat oor die algemeen met hierdie gedig kan vereenselwig.

Ek is bly dat jy dit geniet het.

Groete

Marsofine
7 jaar 1 maand 1 week 4 dae 22 ure oud


WAAR!!**
Ek kan met jou vereenselwig; verstaan wat jy bedoel met wegkruip, versteek leef, maskers dra omdat niemand verstaan nie. Ken die alleenheid van nie verstaan word nie. Om Glaskas aan te haal: "dis onvergeeflik eensaam om misverstaan te word, onvergeeflik eensaam"
7 jaar 1 maand 1 week 4 dae 22 ure oud


Nie lekker
Ek verstaan so goed die gedig !!! Lewe self n masker bestaan, lees my maskers, dan sal jy verstaan wat ek bedoel :-) Hou so aan :-)
9 jaar 10 maande 6 dae oud


JY SAL DAARMEE DEEL
Ek hou baie daarvan. Sien 'n stukkie van jou siel. Riempa
9 jaar 11 maande 3 weke 18 ure oud


JY sal dararmee deel
Pragtige waar woorde.
Koekoe
10 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 2 ure oud


Uitstekend
Dit is werklik 'n uitstekende gedig wel gedaan
10 jaar 3 maande 5 dae 16 ure oud


Gedig
Puik gedig! 'n Mens kan beslis daarmee vergelyk!
10 jaar 3 maande 2 weke 3 dae 17 ure oud


Stunning beskrywing van i verlies wat net jy sal verstaan!
11 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud


Klink vir my ons het dieselfde shrink gesien.
maskers en al daai dinge ;-)

Dit was regtig goed gewees. Jy het woorde
vir goed wat ek nog probeer verstaan. Ek sien myself
daarin, beslis.
11 jaar 9 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


woorde
jou woorde spreuk boekdele uit my hart...dankie!!!
12 jaar 3 maande 3 dae 1 uur oud


jy sal daarmee deel
treffend- sal beslis van jou ander werk lees.
jaydee
12 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


Het heel per ongeluk op jou gedig afgekom vanaand, en is aangenaam verras. Ek het regtig gehou van jou woorde. Daar steek baie dieper weg..

Sien uit na nog van jou werk.
D
12 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


Pragtig
Hi,

Ek het dit gelees en gehuil...ek ken dit. Jy het reggekry om jou gedig ‘n spieël te maak waarin iemand soos ek kan kyk en sy eie murasie-bakkies raak sien, uitstekend!
nellas
12 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud


jy sal daarmee deel
dankie vir hierdie gedig. dit voel asof jy hom net vir my geskryf het. net wat ek nodig gehad het
12 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 4 ure oud


Jy mag maar
Al jou werke gelees almal uit jou hart en uit jou siel uitstekende gedigte.Raka was ook my gunsteling voorgeskrwe stuk.
13 jaar 1 maand 2 dae oud


Fan-fokin-tasties! Baie dankie vir 'n puik gedig, dit is werklik touching en bevat baie waarhede.
Duisend daisies en spookasem dae vir ewig!
13 jaar 7 maande 5 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar