Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Jy glip speels agter my blaaie in,
omskulp my met sagte fluisters.
Nestel teen my wang
met jou kamma seunskind lag en luister.

Jou ruik na oggend, wind en reën
wat kuslangs windop beur,
asof ek jou hand moet stuur
jou die lyne van my lyf moet leer.

Jou vreugde soos vloed-gety
wat brander bruisend my verspoel,
in passiepas met jou hartklop
'n morsekode pols vir my bedoel.

Jy bokmakierie deur my gedagtes
met jou diepteug aan lewe,
'n halfweghuis van beskutting
waar ek my vrywilliglik begewe.

Jy mengelslaai my teorieë
oor eenheid in gees.
Jy's bloot net gelukkig
om hier by my te wees.

Stel geen eise
geen pretensie
geen wet.
Bloot net tevrede
met wat ek gee en het.

Ek voel vrygekoop by jou,
verlos van die banvloek
om altyd na die morseltrapspore
in aanraking te soek.

Jy leer my lyf die vryheid
van gee en neem en drink,
sonder om aan die dag van môre
se ongebore telg te dink.

Ek teug jou gulheid
wat soos oggendmis my hart omvou,
rooswang saamwees tye,
'n klein onthou.
Leer my meer
leer my van jou.


© 2010 Almarie Truter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Soos ek is
'n Gunsteling. Genoeg gesê. Gemerk en gebêre.
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


Dit klink so asemsnak mooi...'n liefdes verkenningstog so sensueel!
9 jaar 4 maande 4 weke 20 ure oud


ek wil ook so iets ervaar!!!!

jy laat dit so flippen lekker klink.

ek laaik ek laaik!

Blommetjie
9 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


"Ek teug jou gulheid
wat soos oggendmis my hart omvou,
rooswang saamwees tye,
'n klein onthou.
Leer my meer
leer my van jou."
Ongelooflik beautiful Ammie.
9 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Liewe Ma - van Bart I

    deur Bart

    Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar