Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jy het my altyd rustig gemaak
met jou bossies, sterre en ruim vlak -
my aan jou heiligdom laat smaak,
met jou hemelse stilte wat oor my sak.

Kon ek sit vir ure wyl die son sy baarsel sluier,
rustig met sonbesies wat in my ore sing,
tot wind vir oulaas om jou hoek kom kuier
en jou son's ondergang roes rooi kleure bring.

Ek wou nog jou granaat pluk en proe,
die dorpers sien loop en in klip krale wei,
jou windpomp sien draai en na water roep,
dan sou jy my sekerlik op jou wit klipkop kry.

Vandag is jou tyding sleg, jou tyding is seer -
want hier moet ons paaie nou skei,
toe kon ek die trane nie keer
want dit was net ek en jy...

Ja net ek en jy...

Nou wonder jy oor die kruik vol trane
wat begrawe lê by jou deur drumpel -
en my voetspore wat vir oulaas stof... in jou lane,
en my vingers wat oor jou dam waters rimpel.

Gegroet is jy – grond van die geslagte
jy behoort nou aan 'n ander,
ja díe nuus was ek eendag te wagte
maar ek wou nog jou stof, jou vlak bewandel -
so vir oulaas jou vrede myne maak
jou stilte... voel magies raak.


Opgedra aan Lukas Vlakte met die Van Der Colff's en Mosterts



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
n Puik werk.
4 jaar 2 weke 4 dae 4 ure oud


jy was my traan drumpel
dankie vir jou pragtige bydrae tot die TRANE projek.
4 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar