Gedigte

Titel: Requiem
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek probeer jou vind
in hierdie rookblou uur,
jou voetstap in die deur
en jou oë wat lag,
jou warm hand
teen my wang
en jou reuk
aards soos reën -
maar die hart waarna ek gryp
is wasbleek en wasig
soos die wens
wat winterkoud
om my skouers druip.

© C. Potgieter 2013-07-09



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Sjoe, dis hartseer. Ja, 'n spookbeeld wat soos mis voor die son verdwyn...puik gedoen!
7 jaar 6 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


Jy
Dis pragtig en vir my is dit hartseer
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 1 uur oud


jy was nooit daar nie
Baie mooi geskryf Charmain
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


nooit
Uitsonderlik. Hou hiervan.
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Wow
winter koud om my skouers ... pragtig !
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


jy was
baie goed :)
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud


Jou woorde is senter in die kol!
Sò iemand is dikwels nie daar nie...Pragtig ingeryg.
7 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud


Versugting
Verlange lê diep, ek hou van die reële natuurbeeld vergelykings.

Soos altyd, weer puik Charmain!
7 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar