Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die reën het laatmiddag neergesif
op die ou rietdakhuisie, sonder drif
en toe die wind deur die peperboom
langs die venster huil
het ek naak en seer
onder my bed gaan skuil -
later het ek ma hoor bid
in haar stem van lank gelede
met haar hande so deurskynend wit
en haar woorde soos ʼn wolkkolom:
Here, wees tog altyd by my kind,
hou haar teen U wye borskas vas,
gee haar kwartels en manna
as sy honger deur die dag
en wees haar vuurkolom
as die donker kom
en die koue van die nag.

© C. Potgieter 2014-01-02



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gebed
baie goed geskryf !!!!
6 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 5 ure oud


'n Wow-gedig
Die is baie, baie goed geskryf. Dit vloei so lekker en die storie daarin vasgevang is is net pragtig.

-=P=-
6 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 13 ure oud


gebed
Dis werklik pragtig geskryf, Charmain...baie, baie mooi
6 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 19 ure oud


Gebed
Dankie Charmain, uitsonderlike werk soos altyd!

(Ek dink'n ma is met gebed vir haar kinders aanmekaar gesit)
6 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 19 ure oud


Gebed
Dis 'n moeder se gebede wat ons deur die lewe dra.
6 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar