Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom sit jou kop maar op my skouer
al is dit benerig en nouer
as toe ons jonger was.
Jou geplooide hand is benerig en lig,
die vel is dun en vlekkerig
waar dit in myne pas.

Ek kam my haartjies puur verniet.
Die wat verloor sal wortel skiet
as dit land op my oor.
My neus en ore groei nog steeds
en mense spot my lankal reeds,
maar ek kan hul nie hoor.

Jare gelede was jy verleidelik en dun.
Nou is jou skoonheid binne-in
waar dit nie sal vergaan nie.
Jou hart is sag, jou glimlag eg,
ons siele inmekaargevleg.
Maar niemand sal verstaan nie.

Al is ons stadig en albei oud
is ons saamwees ons behoud
en is ons nie alleen nie.
En as jy voor my dood moet gaan
sal ek maar by jou graf bly staan,
want ek weet nie waarheen nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kameraadskap
WOW .. wat n pragige ode aan jou geliefde....

..Jare gelede was jy verleidelik en dun.
Nou is jou skoonheid binne-in
waar dit nie sal vergaan nie.
Jou hart is sag, jou glimlag eg,
ons siele inmekaargevleg.
Maar niemand sal verstaan nie....
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


kameraadskap
Al is ons stadig en albei oud
is ons saamwees ons behoud

Mooi beskrywend gepen.
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar